Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Nuusbrief 336 Newsletter
Published on 29 September 2016

Comments

WAT IS NUUS/ WHAT IS NEWS


Ons hervat ons program met Boekpraatjies op Saterdae op 1 Oktober met die immergewilde Marié Heese wat oor haar nuutste roman, “Maestro”, kom gesels. Haar gespreksgenoot is Amanda Botha./br>

Op Saterdag, 8 Oktober, is Christine Barkhuizen le Roux ons gasspreker. Sy sal met Elna van der Merwe in gesprek wees oor háár nuutste roman, “Drieklawerblaar”. Die daaropvolgende Saterdag, 15 Oktober, is dit Elsabé Brits se geleentheid om oor haar formidabele publikasie “Emily Hobhouse – Geliefde verraaier” te kom gesels. Lizette Rabe sal die gesprek lei.


Stefan Hertmans is een van Nederland se vernaamste skrywers en sy roman “Oorlog en Terpentyn” is een van die belangrikste publikasies in afgelope jare. Dit is dus met groot opwinding dat ons die Afrikaanse vertaling van dié ikoniese roman aan u gaan bekendstel. Daniel Hugo, wat vir die vertaling verantwoordelik is, sal op Saterdag, 22 Oktober, oor dié merkwaardige boek kom gesels.


Die maand se praatjies word op Saterdag, 29 Oktober, afgesluit met Chanette Paul wat oor haar nuwe roman, "Offerande” in gesprek sal wees met Elmari Rautenbach.


Onthou asseblief dat al bovermelde praatjies om 11:00 begin op die betrokke Saterdae.


Geniet die res van ons Nuusbrief.


Met waarderende groete,


Louis Esterhuizen


BESTUURDER / MANAGER


Compiled by: Ingrid Davis: Samesteller


Fiksie/Fiction
[ View All ]


Maestro - Marié Heese
28 Sep 2016

AGTERGROND: Die beeldhouer en argitek Gianlorenzo Bernini is gebore in 1598. Hy was skaars tien toe beide sy pa en geledere uit die Vatikaan begin besef die jonge Bernini is geniaal - "n kunstenaar wat in die voetspore van Michelangelo kan volg, of . . . selfs beter? Heese neem ons op "n reis deur Bernini se lewe, vanaf sy grootwordjare totdat hy op die ouderdom van 41 in die huwelik tree. Deur sy oë sien ons die daaglikse lewe in Rome van die 1600's, die Kerk wat tegelyk korrup en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars is, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind.
[ View More ]



Soetloop - E. Kotze
28 Sep 2016

AGTERGROND: Die vroeë 20ste eeu. Klein Kattie, met Kat op die skoot, hoor die familiestories: als oor hoe die voormense beroof is - en Pa wat slaap in die buitekamer. As kinderoppasser by vername mense leer sy later "n fyner lewe ken, maar toe sy "n onbesonne huwelik aangaan, draai Kattie se pad af. In "Soetloop"� keer E. Kotze terug na haar geliefde Weskus-milieu. Nes in "Hoogty"� is hier meelewende insig in "n brak lewenspad - maar tog met sy varswater-soetlope.
[ View More ]



Drieklawerblaar - Christine Barkhuizen-le Roux
28 Sep 2016

AGTERGROND: In haar jongste roman, "Drieklawerblaar"�, verweef Christine Barkhuizen-le Roux die verhale van drie eiesoortige hoofkarakters: Kate Jooste, "n afgetrede en deur skuld gedrewe verpleegster, Tinneke le Grange, gastehuiseienaar en weduwee, wat met haar eie verwyte loop, en haar bitter en koppige buurman, Abel Marais, "n wildboer in die Klein-Karoo. "n Man met "n missie. Ná haar aftrede gaan soek Kate, met jarelange vrae in haar binneste, na Abel op sy wildplaas: hoe het haar Ierse oumagrootjie in hierdie dorre streek beland?
[ View More ]



Hasukkah shef David - Die tent van Dawid
Marzanne Leroux-Van der Boon

28 Sep 2016

AGTERGROND: Rivkah is weer swanger. Al het haar dokter nege jaar gelede gesê dit kan nooit weer nie. Terwyl die terreuraanvalle toeneem, wonder beide Marc en Rivkah: Is hierdie die tyd en die plek om nog "n kind in die wêreld te bring? Nasies maak oorlog teen mekaar; daar is selfs oorlog tussen mense van dieselfde land. "n Familietragedie ruk die Krige-gesin terug na die werklikheid toe. Soveel so dat Yoshi begin wonder waar HaShem dan is. Soos die geboortepyne van sy ma begin, vind hy egter troos in Yeshua se woorde dat sy terugkoms ook soos "n geboorte gaan wees en dit sal beteken dat die tyd naby is vir Hom om Hasukkah shel David weer op te rig ...
[ View More ]



In die laksman se skoot - Chris Marnewick
28 Sep 2016

AGTERGROND: Dit is 1987 en die 19-jarige Leon Labuschagne is "n tronkbewaarder by Pretoria Sentraal Gevangenis en werk bedags as laksman. Hy word in hegtenis geneem vir die moord op sewe lede van die Diepsloot-karatespan na "n voorval van padwoede. Hierdie moorde vind plaas op die laaste dag van "n uitmergelende paar dae waarin hy 32 mans gehang het, 21 in die voorafgaande 72 uur.
[ View More ]



So is dit nou - Johan van Wyk
28 Sep 2016

AGTERGROND: "So is dit nou"� is 'n nuwe versameling aangrypende humoristiese stories oor die hede en verlede deur die deurwinterde joernalis en skrywer Johan van Wyk. Die versameling dokumenteer 'n tyd van Padkafees, Pepsi -floats en koue skaapnek uit 'n saalsak. Daar is stories oor jagekspedisies op volstruisplase en motorfietsry op afgeleë paaie. Maar dit gaan nie net oor Sondagmiddae met skaapboud, geelrys en rosyntjies, soet patats en gebakte aartappels nie.
[ View More ]



Koukonap - Johann Botha
28 Sep 2016

AGTERGROND: Net soos die Vaalrivier in vloed die dorpie Koukonap bedreig, bly die Fouries se lewens ook nie onaangeraak deur die groter kragte van die middel twintigste eeu nie. Lood en Lenie se seun Dries en sy twee broers is gedurig op die rivier in hul kano's. Daar is Ênie Malmok en Japie Tarentaal van die lokasie, oupa Sarel wat dalk ? regte, egte Boereheld was, neef Boet wat doedelsak speel in die kroeg . . . die hele kringloop van die lewe.
[ View More ]



Kruispad - Willie J. Botes
28 Sep 2016

AGTERGROND: Wie het opdrag gegee om Esmé te laat vermoor? Wat het Esmé bedoel met haar laaste woorde aan Karel: "Ek is jammer."� Karel laat sy plaas Lientjie Vlei agter, in sy getroue werker Johannes se bekwame hande en begin sy soektog na die waarheid. Karel kom ook by 'n kruispad... watter rigting gaan hy op besluit. Karel ontdek 'n brief tussen Esmé se dokumente en hy besluit om na dié gastehuis te gaan waar Esmé vir Blanche moes ontmoet het. Maar wie is hierdie Blanche, want Esmé het nooit van haar gepraat nie. Hy ontmoet die beeldskone Kate en sy sluit by Karel aan na sy soeke oor die waarheid agter Esmé se dood. Maar is Kate werklik wie sy sê sy is.
[ View More ]



Here I Am - Jonathan Safran Foer
12 Oct 2016

Jacob and Julia Bloch have a problem... several problems, in fact.

While they"ve been coaxing Jacob's grandfather into a retirement home, bracing themselves for a family reunion and struggling to keep their eldest son from being expelled, a discovery is made that risks destroying their marriage.

[ View More ]



Nutshell - Ian McEwan
12 Oct 2016

Trudy has betrayed her husband, John. She's still in the marital home - a dilapidated, priceless London townhouse - but not with John. Instead, she's with his brother, the profoundly banal Claude, and the two of them have a plan. But there is a witness to their plot: the inquisitive, nine-month-old resident of Trudy's womb. Told from a perspective unlike any other, "Nutshell"� is a classic tale of murder and deceit from one of the world's master storytellers.
[ View More ]



Geskiedenis/History
[ View All ]


Verwoerd: Só onthou ons hom
Wilhelm J. Verword (samesteller)

28 Sep 2016

AGTERGROND: Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen "n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier.
[ View More ]



Digkuns/Poetry
[ View All ]


ATKV Filmverse 2
Diek Grobler (kreatiewe regisseur)

28 Sep 2016

OORSIG: Die ATKV se suksesvolle digkuns-animasieprojek,Filmverse, word voortgesit met die bekendstelling van Filmverse 2. Die eindproduk is weer 'n DVD, maar die nuwe produksie is meertalig en spog met vier alternatiewe klankbane om van te kies: Afrikaans, Engels, Zoeloe of Sesotho.
[ View More ]



Biografie/Biography
[ View All ]


Hulle noem hom Matrone - Sybrand de Beer
28 Sep 2016

AGTERGROND: Die outobiografie van Sybrand Rynhardt de Beer, "Hulle noem hom Matrone"�, behels die aanloop tot en die viering van die hoogtepunte in sy loopbaan as die eerste manlike matrone in Suid-Afrika (1976) en daarna, eerste vroedmeester in die land (1979). Dit was geskiedenis in die beroep van "n man in verpleging, destyds "n oorwegend vroulike beroep, in Suid-Afrika. Die boek lig mylpale in verpleging uit en beskryf die eiesoortige eise en beperkings wat destyds aan mans in die professie gestel is. Die leser kry "n blik op die professie van verpleging oor meer as 50 jaar.
[ View More ]



Student Comrade Prisoner Spy
A Memoir
Bridget Hilton-Barber

12 Oct 2016

When Bridget Hilton-Barber got on a train to Grahamstown in 1982 to study journalism at Rhodes University, she had no idea of the brutal drama that would unfold.   A rebellious young woman, she became politically involved in anti-apartheid organisations and was caught up in the massive resistance and repression sweeping the Eastern Cape at the time. She ended up spending three months in detention without trial, and after her release discovered she had been betrayed by one of her best friends, Olivia Forsyth, who was a spy for the South African security police.
[ View More ]



Politiek/Politics
[ View All ]


Rogue
The Inside Story of SARS's Elite Crime-Busting Unit
Johann van Loggerenberg with Adrian Lackay

12 Oct 2016

Two brave civil servants blow the whistle.

The story of a SARS "rogue unit" became entrenched in the public mind following a succession of sensational reports of illegal spook operations published by the Sunday Times. The unit, the reports claimed, had spied on President Jacob Zuma, ran a brothel and entered into illegal tax settlements.

[ View More ]



Make or Break
How the next Three Years will Shape South Africa's next Three Decades
Richard Calland

12 Oct 2016

The next three years will determine whether South Africa succeeds or fails in the long term.

"¢ Jacob Zuma's term as president is due to end in 2019, though he could go earlier. Who will succeed him and what will the impact be on policy?
"¢ The ANC's dominance has been significantly dented after opposition parties gained ground in the 2016 local government elections, but will the minority and coalition governments in key cities hold or fall apart?

[ View More ]



Algemeen/General
[ View All ]


Ek! Ek! Ek! - Herken en hanteer narsiste
Riëtte Rust

28 Sep 2016

AGTERGROND: Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy "n woedebui wat "n tweejarige sal laat skaamkry.
[ View More ]



Hidden Johannesburg - Paul Duncan and Alain Proust
12 Oct 2016

Johannesburg: Egoli to some, Jozi to others. Once a mining town, now the most important commercial city in Africa. It's been home to renegades and rogues, colonialists and capitalists, the dispossessed and the newly enriched. Today it's populated by those who call themselves Africans or Afrikaners, by blacks, whites and every shade inbetween, and by immigrants from all over. 
[ View More ]



Losing the Plot
Crime, Reality and Fiction in Postapartheid Writing
Leon de Kock

12 Oct 2016

"De Kock has a strong story to tell about writing in the postapartheid era and, more especially, the "post-postapartheid" era, the period in which the high expectations of 1994 and the golden era of the Mandela presidency turned sour. It is detailed, lively, and full of sharp observation." Derek Attridge, professor of English, University of York and co-editor of the Cambridge History of South African Literature
[ View More ]



King Solomon and the Showman
The Search for Africa's Lost City
Adam Cruise

12 Oct 2016

The lost city of southern Africa and its untold riches fascinated the Romans, European explorers and writers such as Rider Haggard, Alan Paton, Wilbur Smith and Lawrence Green. Even the apartheid government searched for it in vain. Adam Cruise sets out on a quest across the Kalahari to find the mythical city that inspired "King Solomon's Mines"�, and the Great Farini, the daredevil showman of the Victorian age at the heart of the legend. On the way, Cruise runs into lions and snakes, battles savage desert conditions, and ends up somewhere more extraordinary than the Fabled City.
[ View More ]



 
protea

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.