Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Nuusbrief 336 Newsletter

Published on 29 September 2016


in die niks al om - René Bohnen
15 May 2012


Latest News

Daar bestaan min twyfel dat die Afrikaans digkuns haar tans in 'n besonderse bloeityd bevind nie. Nie net word die poësieliefhebber telkens verras met die een skitterende publikasie na die ander nie deur ons meer gevestigde digters nie, maar ook deur die toetrede van soveel nuwe stemme ... Wat ek egter persoonlik verblydend vind, is die groot aantal digters wat vir etlike jare geswyg het, uit wie se penne daar nou weer die een indrukwekkende bundel na die ander volg. Een so 'n persoon is René Bohnen wat reeds in 2000 gedebuteer het met die bundel Spoorsny.


René Bohnen se tweede digbundel, in die niks al om, gaan oor die integrasie van hoop en verlies, van die Ooste en die Weste, van verskrikking en verwondering, van platteland en stad. Die digter bepleit in haar eiesoortige liriese, vroulike stem die opheffing van dogma en die versoening van die polariteite in die wêreld se geloof, taal en kultuur. Sy oorrompel haar leser wanneer sy die wysheid van die onvolmaaktheid besing. André P. Brink het Bohnen opgeneem in die laaste Groot Verseboek, en haar debuutbundel Spoorsny is positief ervaar. "Daar is meer as genoeg in die bundel om my te oortuig dat René Bohnen 'n eie plek in die eietydse Afrikaanse digkuns kan oopskryf. Dit is 'n belofteryke debuut."� - Bernard Odendaal in Volksblad, 26 Februarie 2001


Van René Bohnen se verse is deur André P. Brink opgeneem in die "geblikte"� Groot Verseboek. Gedigte verskyn ook in ander versamelings, o.a. As die son kom oogknip en Woordreise, asook in Tydskrif vir Letterkunde en Karapaks. René is deel van die Oopmond-span, wat opgetree het by Aardklop en Innibos. René Bohnen behaal in 2009 die graad M.A. Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria. Sy tree ook as fasiliteerder op by kreatiwiteitswerkswinkels, by narratiewe terapiesessies, asook by spanbougeleenthede by die Universiteit van Johannesburg. As digter-fotograaf ondersoek René die verskillende moontlikhede van woord-beeldkuns.

[Prys: R120.00. ISBN: 9780799348835, Lapa Uitgewers]

[ Back ]


Bookmark and Share
 

Copyright 2019 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.