Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Nuusbrief 336 Newsletter

Published on 29 September 2016


Sokker op Stellenbosch
Hilton Biscombe (samesteller)

29 Jan 2014


Latest News

Related Articles

OORSIG: Sokker op Stellenbosch is "n unieke boek wat "n kollektiewe geheue ontsluit deur vertellings uit die mond van die gemeenskap. Ons verneem hoe sokker op Stellenbosch sedert die vroeë 1900's informeel op voetsoolvlak bedryf is en hoe dit by uitstek "n gemeenskapspel was. Sokker het as sport 'n kleurryke verlede op Stellenbosch gehad. Vanaf die grasvelde van Coetzenburg en die "Newtons"� op die Markotterveld neem die vertellers ons na Bloekomlaan en Kreefgat, die "Nelsons"� se stryd om oorlewing, die "Burnleys"� en "Gardens"� op Jamestown.

SAMEVATTING: Met hierdie publikasie word die "Goue Era"� van sokker op Stellenbosch herleef deur die vertellings en laat dit die leser sterk onder die indruk van die besondere invloed wat sokker op families en ook die gemeenskap gehad het.

AANHALING: "Sokkerherinneringe sal nooit in die vergetelheid verdwyn nie. Ons moet weet wie ons is, waar ons vandaan kom en waarheen ons gaan. Hierdie boek vertel die verhale van die talent en prestasies van sokkerspelers, administrateurs en hul ondersteuners sedert 1904. Altesaam 49 mense het met my gepraat of vir my geskryf oor sokker in Stellenbosch, en ek het 15 amptelike bronne geraadpleeg. Hierdie projek is moontlik gemaak deur die betrokkenheid van onder meer die plaaslike munisipaliteit en die Universiteit."� - Hilton Biscombe, samesteller.

[ISBN: 9781919985381, sagteband, 202 ble., Rapid Access Publishers, R170.00]

[ Back ]


Bookmark and Share
 

Copyright 2019 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.