Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Nuusbrief 336 Newsletter

Published on 29 September 2016


Maestro - Marié Heese
28 Sep 2016


Latest News

AGTERGROND: Die beeldhouer en argitek Gianlorenzo Bernini is gebore in 1598. Hy was skaars tien toe beide sy pa en geledere uit die Vatikaan begin besef die jonge Bernini is geniaal - "n kunstenaar wat in die voetspore van Michelangelo kan volg, of . . . selfs beter? Heese neem ons op "n reis deur Bernini se lewe, vanaf sy grootwordjare totdat hy op die ouderdom van 41 in die huwelik tree. Deur sy oë sien ons die daaglikse lewe in Rome van die 1600's, die Kerk wat tegelyk korrup en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars is, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind. Bowenal sien ons hoe koorsagtig hy dít wat by hom spook, verbeeld - alles ter wille van die marmer, wat hy soos sagte vlees kan laat lyk.

"Maestro"� is "n uitsonderlike geskiedkundige roman oor die geniale beeldhouer van die sewentiende eeu, eeue lank bykans vergete. En tegelyk is die boek "n viering van kunstenaarskap en menswees.

OOR DIE SKRYWER: Marié Heese is in Kaapstad gebore en studeer later jare aan die Universiteit van Stellenbosch en Unisa (Universiteit van Suid-Afrika). Sy kwalifiseer in staatsfilosofie en Engels, en het twee drama diplomas, asook 'n Hoër Onderwysdiploma. Sy onderrig tale aan verskeie hoërskole en universiteite, ten laaste by Unisa, 'n afstandonderrig inrigting, waar sy met akademiese personeel saamwerk aan die ontwikkeling van afstand-leerstof. Sy is die wenner van die Commonwealth Writers Prize for Best Book, Africa region, vir "The Double Crown"�, in 2010 asook die Woordfeestrofee, 2014, vir die beste aanbieding deur 'n gevestigde skrywer, oor "Vuurklip" en "Karoo-kantate"�.

[ISBN: 9780798173919 , sagteband, 479 ble., Human & Rousseau, R330.00]

[ Back ]


Bookmark and Share
 
protea

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.