Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Nuusbrief 336 Newsletter

Published on 29 September 2016


Soetloop - E. Kotze
28 Sep 2016


Latest News

AGTERGROND: Die vroeë 20ste eeu. Klein Kattie, met Kat op die skoot, hoor die familiestories: als oor hoe die voormense beroof is - en Pa wat slaap in die buitekamer. As kinderoppasser by vername mense leer sy later "n fyner lewe ken, maar toe sy "n onbesonne huwelik aangaan, draai Kattie se pad af. In "Soetloop"� keer E. Kotze terug na haar geliefde Weskus-milieu. Nes in "Hoogty"� is hier meelewende insig in "n brak lewenspad - maar tog met sy varswater-soetlope.

OOR DIE SKRYWER: In haar eie woorde het die skryfster die volgende te sê oor haar skryfwerk: "Na my man se dood in April 1989 gaan woon ek op Vredenburg, geboorteplek van beide my ouers. Na ses jaar verhuis ek Velddrif toe � "n skilderagtige dorpie aan die Bergrivier, een van die min plekke aan die Weskus wat nog iets van die karakter van "n vervloë tyd behou het. My skryfloopbaan het waarskynlik sy ontstaan te danke aan die lang tye dat my man op see was � en die relase wat daaruit voortgevloei het. Hy was "n onderhoudende en "n natuurlike verteller, nie net van sy see-ervarings nie, maar ook sy gebeurtenisvolle kinderlewe aan die soutpan naby Lambertsbaai. Hierdie vertellings het aanleiding gegee tot my eerste kortverhaalbundel wat in 1982 by Tafelberg-Uitgewers verskyn het, "Halfkrone vir die Nagmaal. " (Dit ontvang die Eugène Marais-prys in 1983.) Die meeste van hierdie verhale het met die verloop van 18 jaar in tydskrifte verskyn voordat dit uiteindelik in boekvorm uitgegee is. In 1986 het "Silt van die aarde"� verskyn en in 1992 "Halwe hemel"�. Tussen die twee bundels het "n kinderboek, "Boetie-Jan se skilpadnes"�, die lig gesien. "Waterwyfie en ander woestynverhale"�, is in 1997 uitgegee. In 2009 verskyn "Toring se baai,"� by Kwela.

[ISBN: 9780795707735, sagteband, 369 ble., Kwela, R285.00]

[ Back ]


Bookmark and Share
 
protea

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.