Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Nuusbrief 336 Newsletter

Published on 29 September 2016


Drieklawerblaar - Christine Barkhuizen-le Roux
28 Sep 2016


Latest News

AGTERGROND: In haar jongste roman, "Drieklawerblaar"�, verweef Christine Barkhuizen-le Roux die verhale van drie eiesoortige hoofkarakters: Kate Jooste, "n afgetrede en deur skuld gedrewe verpleegster, Tinneke le Grange, gastehuiseienaar en weduwee, wat met haar eie verwyte loop, en haar bitter en koppige buurman, Abel Marais, "n wildboer in die Klein-Karoo. "n Man met "n missie. Ná haar aftrede gaan soek Kate, met jarelange vrae in haar binneste, na Abel op sy wildplaas: hoe het haar Ierse oumagrootjie in hierdie dorre streek beland? Wat het alles op hierdie stuk grond afgespeel? Terselfdertyd sien ons Abel se gemoeidheid met sy familiegeskiedenis - sy Hugenote-herkoms lei hom na die Franse platteland, waarna hy hom kom vestig op "n stuk grond digby sy oupa se plaas van vroeër. En dan is daar Tinneke wat moet vrede maak met haar man se dood en die feit dat sy hom verloor het, lank reeds voor sy sterwe.

"Drieklawerblaar"� is "n meesleurende roman oor familie, oor grond, en die ystergreep wat die verlede op "n mens kan hê.

OOR DIE SKRYWER: Christine Barkhuizen le Roux is gebore op Vryburg. Sy studeer op Stellenboch en in 1980 behaal sy die BA graad met Bybelkunde en Sielkunde as hoofvakke. In 1994 en 1999 woon sy die ATKV-Skryfskool op Potchefstroom by, o.l.v. Prof. Hans du Plessis. Tans woon sy saam met haar man Bertus op 'n plaas 30 km van Barrydale. Die afgesonderde leefwyse op 'n plaas en in 'n kleindorpse gemeenskap het volgens haar 'n definitiewe invloed op haar skryfwerk. Sy reis egter ook graag en die spanning tussen die bekende en die onbekende het 'n groot kreatiewe invloed op haar werk. Sy is ook 'n skilder en doen veral studies met 'n simboliese inslag.

[ISBN: 9780798174039, sagteband, 332 ble., Human & Rousseau, R275.00]

[ Back ]


Bookmark and Share
 
protea

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.