Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Nuusbrief 336 Newsletter

Published on 29 September 2016


So is dit nou - Johan van Wyk
28 Sep 2016


Latest News

AGTERGROND: "So is dit nou"� is 'n nuwe versameling aangrypende humoristiese stories oor die hede en verlede deur die deurwinterde joernalis en skrywer Johan van Wyk. Die versameling dokumenteer 'n tyd van Padkafees, Pepsi -floats en koue skaapnek uit 'n saalsak. Daar is stories oor jagekspedisies op volstruisplase en motorfietsry op afgeleë paaie. Maar dit gaan nie net oor Sondagmiddae met skaapboud, geelrys en rosyntjies, soet patats en gebakte aartappels nie. In dié bundel word die verlede onthou en meesterlik verweef met die hedendaagse Suid-Afrika waar Jacob Zuma en Julius Malema die septer swaai.

Nes in sy eerste bundel, "So was dit"� spreek dié verhale universele temas aan en bring dit nuwe insigte oor die lewe, die verlede en vandag se wêreld wat teen 'n "verbysterende snelheid" voortstu.

OOR DIE SKRYWER: Johan van Wyk is "n gesoute joernalis wat die afgelope paar jaar gereeld artikels vir etlike publikasies bydra. In sy loopbaan van 38 jaar het hy onder meer die gewilde "Stop van Myne"�-rubriek inVolksblad geskryf en "n groot aanhang in die Vrystaat opgebou. Danksy sy potjiekos-rubriek vir Beeld is hy ook in Gauteng bekend.

Hy was redakteur van The Herald op George en het ook by Die Suidwester in Windhoek gewerk. Die FAK se Prestige-prys vir uitnemende Afrikaanse joernalistiek is in 1992 aan dié boorling van Calvinia toegeken.

[ISBN: 9780624080206 , sagteband, 240 ble., Tafelberg, R220.00]

[ Back ]


Bookmark and Share
 
protea

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.