Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Nuusbrief 336 Newsletter

Published on 29 September 2016


In die laksman se skoot - Chris Marnewick
28 Sep 2016


Latest News

AGTERGROND: Dit is 1987 en die 19-jarige Leon Labuschagne is "n tronkbewaarder by Pretoria Sentraal Gevangenis en werk bedags as laksman. Hy word in hegtenis geneem vir die moord op sewe lede van die Diepsloot-karatespan na "n voorval van padwoede. Hierdie moorde vind plaas op die laaste dag van "n uitmergelende paar dae waarin hy 32 mans gehang het, 21 in die voorafgaande 72 uur.

Die verantwoordelikheid val op sy "hotshot"� prokureur, Johann Weber SC, om met "n verdediging vorendag te kom wat sy kliënt van die galg sal red - hierdie keer as "n gevangene wat teregstaan op moord. Hy stel ondersoek in na die 32 mans wat gehang is (werklike gevalle in die SA regsgeskiedenis). En dis hierdie SA geskiedenis wat Chris Marnewick in sy boek inwerk.

Weber is "n driftige teenstander van die doodstraf, en kom algaande agter onder watter traumatiese omstandighede die jong Leon elke dag gewerk het in Pretoria se berugte tronk: hy het oor die jare vriende geword met die gevangenes terwyl hy uiteindelik ook deel moes wees van hulle teregstelling.

Soos die hofverrigtinge vorder, bied dit aan Johann die kans om die hele stelsel van halsmoorde onder verhoor te neem. Hy vra die vraag: Hoe kan iemand "n dubbele rol van vriend en laksman speel, as 't ware die herder en ook die wagter wees?

Hierdie boek bring die doodstraf op "n pynlike wyse voor die hof.

OOR DIE SKRYWER: Chris Marnewick het as senior advokaat afgetree en bly nou in Nieu-Seeland. "Shepherds & Butchers"� was sy eerste roman en hy het op die kortlys verskyn van die M-Net Litêrere toekennings en die Sunday Times-toekennings en het die K Sello Duiker-prys gewen. Hy is ook die skrywer van "The soldier who said No"� (2010), "A Sailor's Honour"� (2011) en die roman "Clarence van Buuren: Knew the Words, but not the Music"� (2012) wat deur Protea Boekhuis gepubliseer is met die Afrikaanse vertaling daarvan "Clarence van Buuren: Die man agter die donkerbril"� wat "n jaar later verskyn.

[ISBN: 9781485302650, sagteband, 416 ble., Protea Boekhuis, R220.00]

[ Back ]


Bookmark and Share
 
protea

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.