Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Kookkuns/Food

Plaaskos
Arina du Plessis
Fotografie: Myburgh du Plessis

31 Aug 2016

AGTERGROND: Arina du Plessis deel haar resepte eie aan haar heimat, die plaas in Ceres. Daar is geregte vir elke seisoen; Wintersop, bredies en brood, vars slaaie en piekniekkos vir die warmer dae en natuurlik smullekker nageregte en heerlike gebak vir teetyd. Arina ken die behoeftes van die moderne man of vrou, of jy op "n plaas in die platteland of in die stad woon.
[ View More ]

Jan - my Franse kosverhaal
Jan Hendrik van der Westhuizen

25 May 2016

AGTERGROND: "JAN - My Franse Kosverhaal"� is "n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit JAN - die welbekende restaurant in die suide van Frankryk. Dié restaurant is "n vertoonstuk van die tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid wat begin het op "n plaas in die Suid-Afrikaanse platteland en voortvloei na die glansryke Franse Riviera. JAN, tans "n eenster-Michelin-restaurant, het bewys dat drome waar kan word en dat jy eenvoudige bestanddele in "n meesterstuk kan omskep wanneer jy jou passie uitleef. Elke hoofstuk weerspieël die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word.
[ View More ]

Kook saam Kaaps
Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker

25 May 2016

AGTERGROND: Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding - eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings - is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met "n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding.
[ View More ]

Die storie van 'n huis - Fabels en feeste van La Creuzette
Louis Jansen van Vuuren & Hardy Olivier

30 Mar 2016

AGTERGROND: Na 15 jaar is die imposante Château de la Creuzette in haar volle glorie gerestoureer. Sy sit in haar skaduryke park omring deur eeu oue bome waar sy afwagtende besoekers steeds met oop arms ontvang. Die suksesvolle "Feestelike Frankryk"� het Fransgesinde lesers gaande gehad met stories en smaaklike resepte uit die Franse platteland. Uit La Creuzette se nuwe somerkombuis vloei daar nou "n magdom kulinêre heerlikhede wat elke kosliefhebber se mond sal laat water.
[ View More ]

Een maal - Johnny Hamman
24 Feb 2016

AGTERGROND: In "Een Maal"� deel Johnny resepte vir die kos wat hy vir vriende voorberei, vir sy flambojante dinner parties en vir stadskos. Hy vertel sy idees rondom kos sonder om ooit egtheid te verloor. Hy deel ook die kos wat hy aan sy ma se tafel leer ken het, familiekos - en gee sy skeppende vernuwende weergawes. Dié boek sal almal inspireer met nuwe idees. Eenmaal aan Johnny se tafel en jou hart word syne; eenmaal aan sy tafel en kos word meer as net voedingswaarde.
[ View More ]

Carmen se beste resepte - Carmen Niehaus
25 Nov 2015

AGTERGROND: Carmen Niehaus kén Suid-Afrikaanse kos. Ná 25 resepteboeke en 27 jaar as kosredakteur by Huisgenoot en You, is sy een van ons mees geliefde koskenners. Nou het Carmen vir die eerste keer al haar eie gunstelingresepte in een boek bymekaargebring. Ou staatmakers op "n vars manier aangepak, maar ook disse swierig genoeg om aan gaste voor te sit - dis alles hier, van die Wortel-en-beetkoek wat Carmen vir die TV-program Koekedoor gebak het en haar Banoffee-tert, tot Bobotie en Banting-lasagne.
[ View More ]

De Vette Mossel - Al die geheime van De Vette Mossel-seekosrestaurante ... Niël du Bois
28 Oct 2015

AGTERGROND: "De Vette Mossel"� is nie net "n seekos-resepteboek nie. Dit is "n kosboek met "n verskil. Die unieke karakter van die Weskus word ontbloot in humoristiese staaltjies en vertellings oor die kosgeheime eie aan dié streek. Maar dit is beslis ook "n resepteboek met beproefde raad en praktiese voorbereidingswenke. Met volkleurfoto's en al die resepte van die immergewilde De Vette Mossel seekosrestaurante.
[ View More ]

First Page | Prev Page | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | Next Page | Last Page

 
blaauw

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.