Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Funksies/Events

WHAT'S NEW?
14 Oct 2015


The song All Things Bright and Beautiful came to mind as I looked at the books for this newsletter. For those interested in the fauna and flora found in our rivers and dams, "Freshwater Life: A Field Guide to the Plants and Animals of Southern Africa"� is a must. "Burchell's Travels"�, an attractive hardcover book, documents the life of William John Burchell, an artist and explorer in 1800s of the Cape Colony. His drawings and paintings of animals and landscapes are beautifully reproduced in the book. And also deserving of a mention, "Maverick: Extraordinary Women from South Africa's Past"� has the well-known Glenda and her python friend on the cover.

Please join us on Saturday, the 17th of October at 11:00 when Ingrid Winterbach will be discussing her latest work Vlakwater with Chris van der Merwe. The following Thursday evening [18:30], the 22nd of October, Arnon Grunberg joins us as he talks with Lina Spies who translated his Tirza from Dutch to Afrikaans. Please RSVP [021-882 9100 / louise@proteaboekwinkel.com] for the Grunberg function up until Monday the 19th of October, as we would like to organise catering.

Enjoy our Newsletter.

Sincerely yours,

Ingrid Davis

[ View More ]

WAT IS NUUS/ WHAT IS NEWS
02 Oct 2015


Vandeesmaand is daar sommer weer 'n hele wavrag vol nuwe Afrikaanse publikasies om op te fokus, waaronder Ingrid Winterbach se nuwe roman en Carel van der Merwe se lang verwagte biografie oor Eugène Marais se lewe in Engeland tydens die Anglo-Boereoorlog.

Maar eers, soos gebruiklik, ons komende Boekpraatjies:

Eerskomende Saterdag, 3 Oktober, gesels die bekende historikus, Hermann Giliomee, oor die boek "Buhr van die Bokveld"� wat deur hom saamgestel is uit die skrywerk van Johann Buhr. Wium van Zyl, eweneens 'n kenner op die gebied van Buhr se werk, sal as gespreksgenoot optree.

Dan maak ons ook graag bekend dat Breyten Breytenbach op Woensdag, 7 Oktober, om 18:30 in die winkel gaan wees om oor sy versamelde toesprake, "Parool / Parole"� te gesels. Catherine du Toit sal sy gespreksgenoot wees. Aangesien verversings verskaf gaan word, moet u asseblief die winkel kontak ten einde u bywoning te bevestig. U kan (021) 882 9100 skakel, of 'n e-pos stuur na stellenbosch@proteaboekwinkel.com

Op Saterdag, 10 Oktober, is dit Carel van der Merwe se beurt om oor "Donker stroom - Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog"� te gesels, met die immergewilde Ingrid Winterbach wat op die daaropvolgende Saterdag, 17 Oktober, aan die beurt kom. Uiteraard sal sy oor haar nuutste roman, "Vlakwater"�, gesels.

Let asseblief daarop dat al dié Boekpraatjies stiptelik om 11:00 begin.

En dan kan u sommer solank ook Donderdag, 22 Oktober aanteken, want dié aand verwelkom ons die bekende Nederlandse skrywer, Arnon Grunberg, in die winkel. Hy sal in die algemeen oor sy skryfwerk gesels, maar ook meer spesifiek oor sy opspraakwekkende roman "Tirza"�. Lina Spies, wat verantwoordelik was vir die Afrikaanse vertaling van dié roman, sal Grunberg se gespreksgenoot wees. Die funksie sal om 18:30 'n aanvang neem en u moet asseblief u bywoning bevestig deur die winkel vooraf te kontak.

Geniet die res van ons Nuusbrief.

Met waarderende groete,

Louis Esterhuizen

BESTUURDER / MANAGER

Compiled by: Ingrid Davis: Samesteller

[ View More ]

WHAT'S NEW?
09 Sep 2015


Do the words "building"� and "renovations"� fill you with dread? The constant chaos and layer of dust that covers everything. That is what's going on at our home at the moment. But, as the saying goes, you have to break some eggs to make an omelette. Pity that renovating doesn't cost the same as a dozen eggs... Enough about my dramas; on with the newsletter:

There sure are some big names in this edition: Mario Vargas Llosa, Milan Kundera and Haruki Murakami. All lovely hardcover books. Have a look below in the fiction section.

Another book that stood out for me was "Mega Structures and Master Minds: Great Feats of Civil Engineering in Southern Africa"� by Tony Murray. Its not every day that we have a book on engineering in the newsletter.

Saturday, the 12th of September, please join us as Saskia Goldschmidt discusses her novel, Die Hormoonfabriek, with Daniel Hugo, who is also the translator of it. The following Saturday the 19th of September will be Die Onbekende Van Gogh's turn. The author Chris Schoeman will be here to discuss his latest oeuvre.
Enjoy our Newsletter.

Sincerely yours,

Ingrid Davis

[ View More ]

WAT IS NUUS/ WHAT IS NEWS
31 Aug 2015


Dit klink verbysterend, maar dit wil my voorkom as die lente reeds in aantog is. En wat gaan lekkerder wees as om iewers in die vroeë lenteson te sit en jou te verlekker aan die leesgenot van 'n goeie boek? Hieronder volg sommer 'n hele klompie van hulle, boonop.

Nietemin, eerskomende Saterdag fokus ons met ons weeklikse Boekpraatjie op 'n besonder interessante boek, naamlik prof. Jerzy Koch se literatuurgeskiedenis van Afrikaanse letterkunde. "A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Century"� is gewis 'n oorsig om van kennis te neem. Die skrywer sal om 11:00 in die winkel gesels met Daniel Hugo wat eweneens 'n kenner van die Afrikaanse literatuurgeskiedenis is.

Op Saterdag, 5 September, is Debbie Loots ons gasspreker. Sy sal gesels oor haar debuutroman, "Split"� wat onlangs verskyn het.

Nog 'n besonderse geleentheid gaan Saterdag, 12 September, wees, want dan het ons die Nederlandse skrywer Saskia Goldschmidt in die winkel om oor haar ietwat omstrede roman "Die hormoonfabriek te gesels. Daniel Hugo, wat vir die Afrikaanse vertaling verantwoordelik was, sal haar gespreksgenoot wees.

Soos gebruiklik begin ook dié Boekpraatjies om 11:00 op die betrokke dae.

Geniet die res van ons Nuusbrief.

Met waarderende groete,

Louis Esterhuizen

BESTUURDER / MANAGER

Compiled by: Ingrid Davis: Samesteller

[ View More ]

WHAT'S NEW?
12 Aug 2015


Dear Reader

The start of the second semester came and went smoothly. It still amazes me what a difference six months on campus can do to a first year-ling: from shy and retiring to confident and slightly ..., well, let's leave it at that.

There is a strong thread of sport and history in this newsletter, together with the usual array of fiction. A book that stands out for me is "South Africa's Rugby Legends: The Amateur Years"�, by Chris Schoeman. Beautifully set and printed by Zebra Press, this is an ideal gift.

Please join us this coming Saturday the 15th of August for a DVD discussion not to be missed: "Die Wonder van 'n Nuwe Taal in Afrika"�. It is the brainchild of Hennie van der Merwe, the owner of Ulula Production Company, which has released many Afrikaans and South African history DVD's. It promises to be a very interesting discussion!

The following Saturday the 22nd of August, Denise Ackermann discusses her book "Surprised by the Man on the Borrowed Donkey"�. This book has touched the lives of many people who also struggled with issues of faith. Come along and be prepared to be enriched and revived.

Enjoy our Newsletter.

Sincerely yours,

Ingrid Davis

[ View More ]

WAT IS NUUS/ WHAT IS NEWS
29 Jul 2015


Met die winter op volle dreef is dit tyd vir een daardie allerlekkerste vreugdes: leestyd voor 'n kaggel of onder die komberse. En om jou tot hulp te wees, is daar sommer 'n aantal heerlike titels in dié Nuusbrief vervat. En dan moet u nie vergeet van die besonderse viering op 14 Augustus nie: op dié dag word ALLE nie-Akademiese Afrikaanse boeke met 'n korting van 10% verkoop. Dit is ter ondersteuning van die Vriende van Afrikaans se viering van die dag waarop die G.R.A. gestig is.

Maar eers verskaf ons graag meer inligting ons komende Boekpraatjies.

Eerskomende Saterdag, 1 Augustus, is die bekende kunstenaar en fotograaf, Lien Botha, ons gasspreker. Sy sal om 11:00 in die winkel wees om oor haar debuutroman, "Wonderboom"� te gesels. Ingrid Winterbach, eweneens bekend as kunstenaar en romansier, sal haar gespreksgenoot wees.

Vanweë die langnaweek het ons nie 'n Boekpraatjie die daaropvolgende Saterdag nie.

Op Saterdag, 15 Augustus, stel ons egter Ulula Produksies se uiters indrukwekkende DVD oor die geskedenis van Afrikaans bekend. Hierdie dokumentêre oorsig is gebaseer op J.C. Steyn se formidabele naslaanwerk "Ons gaan 'n taal maak"�. Hennie van der Merwe sal oor hierdie merkwaardige projek gesels.

Geniet die res van ons Nuusbrief.

Met waarderende groete,

Louis Esterhuizen

BESTUURDER / MANAGER

Compiled by: Ingrid Davis: Samesteller

[ View More ]
(1 Comment)

WHAT'S NEW?
14 Jul 2015


Dear Readers

I"ve just spent an hour pulling out dead plants and leaves from our pots in the foyer. I then planted R100's worth of violas and whalaa! A quick and cheap facelift. I hope you will be as pleased with it as I am.

Do you remember being bullied as a child? Not fun, is it? Many a parent wish they could protect their children against all the knocks of life, and being bullied is one of them. "Bully-Proof"� by Gail Dore is therefore a much needed publication. It also helps that is written in the South African context.

This is but one of the many exciting books in this newsletter. Just a quick mention for "On the Move: A Life"�, the biography of Oliver Sacks, the inspirational neurologist of "Awakenings"�.

Our book discussions will continue on the 1st of August: Lien Botha will be discussing her debut novel Wonderboom with Ingrid Winterbach.

Enjoy our Newsletter.

Sincerely yours,

Ingrid Davis

[ View More ]
(4 Comments)

First Page | Prev Page | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | Next Page | Last Page

 
protea

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.