Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Digkuns/Poetry

ATKV Filmverse 2
Diek Grobler (kreatiewe regisseur)

28 Sep 2016

OORSIG: Die ATKV se suksesvolle digkuns-animasieprojek,Filmverse, word voortgesit met die bekendstelling van Filmverse 2. Die eindproduk is weer 'n DVD, maar die nuwe produksie is meertalig en spog met vier alternatiewe klankbane om van te kies: Afrikaans, Engels, Zoeloe of Sesotho.
[ View More ]

Indeks - Joan Hambidge
31 Aug 2016

OORSIG: Elke gedig in hierdie uiters volwasse bundel verken brokkie vir brokkie die aard en semantiek van "n digkuns: Dit reis op uitgebreide paaie na wat die wese is van die digkuns, ook die digter se eie poësie. In Joan Hambidge se oeuvre is hierdie bundel "n groot sprong; die hele "Indeks"� werk aan en oor die digkuns met "n feitlik mistieke bewondering en respek vir die woord. Dit kan beskou word as haar mees "taalkundige"� bundel, want die digter is in konstante gesprek met die woord en die moontlikhede wat die woord bied. Haar vermoë om die woord se wisselende buie, in gesprek met ander woorde, raak te sien en te benut, is nog nooit só suksesvol aangewend nie.
[ View More ]

'n Hunkering se grein - Johann de Lange
31 Aug 2016

OORSIG: "'n Hunkering se grein"� is 'n ryk geskakeerde bundel waarin dié bekroonde digter indringend fokus op temas soos, onder meer, skoonheid teenoor verval, die skoonheid in verval, die troos van die woord en die gedig, die weerloosheid van die lewe en menswees, en die erotiek wat tog so deel vorm van elke mens. Daar is heelwat vernuwende elemente - meer waarneming, meer metafisies en fyner gedraad. Die verse is pretensieloos en daar is geen poging om die leser te beïndruk met "n verwikkelde verwysingswêreld nie. Eenvoud is die eerste wagwoord, en die tweede is eerlikheid. Dit is "n bundel wat na baie kante strek, maar wat konsekwent tot die leser spreek.
[ View More ]

Sterkykers - gedigte vir tieners
Jaco Jacobs (samesteller)

27 Jul 2016

OORSIG: Hierdie bundel vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op die suksesvolle "Toulopers"�. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van die groep Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torr en Danie du Toit (sanger en liedjieskrywer van die groep Spoegwolf) in "n opwindende digbundel wat spesiaal saamgestel is om hedendaagse jongmense se leefwêreld te weerspieël.
[ View More ]

In die grot van die sibille -Juanita Louw
27 Jul 2016

OORSIG: Die digter se taak is om die verborge te ontbloot. Elke gedig is "n uiting van die sibille."� Dié woorde van Sowjet-digter Marina Tswetajewa eggo in Juanita Louw se debuutbundel, In die grot van die sibille, waar digkuns gelykgestel word aan die magiese woord wat deur die mitologiese profetes in haar grot gespreek is.
[ View More ]

Die kleur van water - Louis Jansen van Vuuren
27 Jul 2016

OORSIG: Tussen die bundel se blou voor - en agterplat vervloei leitmotiewe van kleur en water; die tematiek berus op die vasvang van die erotiese oomblik wat nie net sintuiglik ervaar word nie, maar ook deur "n ryk tekstuur van kuns, mitologie en milieu. Die verkenning van die self en die geliefde word ontgin in die uiteenlopende landskappe van drie kontinente - Europa, Afrika en Australië - wat in drie tale verwoord word: Afrikaans, Engels en Frans. Die metaforiese vertrekpunt is Horace-Bénédict de Saussure se cyanometer, "n instrument waarmee blouheid gemeet word. Nie net bied die bundel lesers genuanseerde verwoording nie, maar ook die visuele impak van Jansen van Vuuren se kuns.
[ View More ]

Waar die oog van stil word - Ilse van Staden
29 Jun 2016

OORSIG: "Waar die oog van stil word"� is Ilse van Staden se derde digbundel en is net so keurig afgerond soos haar vorige bundels. Die eerste groep gedigte handel oor die verwerking van verlies en afskeid van die bekende. Dan betree die digter die onbekende wêreld, waar sy haar vereenselwig met klein lewende wesens soos slakke en torre wat dit ook moet waag in die groot buitewêreld in. Die digter het net "n veerpen oor om mee te skryf en om "n skip met woorde en drome te bou waarmee sy in die verbeelding kan reis.
[ View More ]

First Page | Prev Page | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | Next Page | Last Page

 

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.