Protea Boekwinkel

Bergzicht Plaza Andringastraat Stellenbosch Verkope (021) 882-9100 Bestuurder: (021) 882-9103

Latest News

Funksies/Events

Fiksie/Fiction

Filosofie/Philosophy

Geskiedenis/History

Digkuns/Poetry

Wetenskap/Science

Biografie/Biography

Kookkuns/Food

Politiek/Politics

Godsdiens/Religion

Jeug/Youth

Sielkunde/Psychology

Algemeen/General

Topverkopers/Bestsellers

Protea Boekwinkel Website

About Pacific Breeze

Subscribe

Unsubscribe

Advertise Here

Search

Jeug/Youth

Willem die wreedaard
John Fardell
Vertaal deur Shané Kleyn

31 Aug 2016

AGTERGROND: Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom "n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem "n nuwe blaadjie kan omslaan? SAMEVATTING: Inderdaad "n snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!
[ View More ]

Jip en Janneke Omnibus
Annie MG Schmidt & Fiep Westendorp
Vertaal deur Amelia de Vaal

31 Aug 2016

AGTERGROND: Annie M.G. Schmidt se verhaaltjies oor Jip en Janneke het oorspronklik in die 1950's in die Nederlandse koerant "Het Parool"� verskyn, in kombinasie met Fiep Westendorp se ikoniese swart en wit illustrasies. Met verloop van tyd het dié twee karaktertjies se avonture sinoniem geword met die Nederlandse lewenswyse en word Jip en Janneke vandag as een van Nederland se mees geliefde uitvoerprodukte beskou.
[ View More ]

Elf dae in Parys - Elizabeth Wasserman
31 Aug 2016

AGTERGROND: 'n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou hê! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde deur drie muses gedra word. Na elke eeu moet hierdie sleutels aan Parys se burgemeester oorhandig word. Emma vind uit dat sy afstam van een van hierdie muses, maar dit lyk nie asof Emma haar sleutel betyds vir die seremonie sal kry nie!
[ View More ]

Al wat ek weet - Marita van der Vyver
31 Aug 2016

AGTERGROND: Gabriel is vyftien jaar oud. "Fifteen going on fifty"�, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te "cope"� as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige "gemengde bloed"� jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in "n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met "n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van "performance poetry"�, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir "n gehoor uitbasuin.
[ View More ]

Mnr Stink
David Walliams (met illustrasies deur Quentin Blake)
Vertaal deur Kobus Geldenhuys

27 Jul 2016

AGTERGROND: Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. "n Superstank is die ergste soort reuk. "n Superstank is erger as "n stank. En "n stank is erger as "n stankie. En "n stankie is erger as "n klankie. Maar "n klankie is al genoeg om "n mens jou neus te laat optrek.
[ View More ]

Boudebiljoenêr
David Walliams (met illustrasies deur Tony Ross)
Vertaal deur Kobus Geldenhuys

27 Jul 2016

AGTERGROND: Ontmoet Joe Spud, die wêreld se rykste twaalfjarige. Joe het alles wat sy hart kan begeer: sy eie Formule Een-renmotor, "n duisend pare sportskoene, selfs "n orangoetang vir "n butler! Ja, Joe het alles wat hy wil hê, maar daar's een ding wat hy regtig nodig het: "n vriend ...
[ View More ]

Asterix by die Olimpiese Spele
René Goscini & Albert Uderzo
Vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois

27 Jul 2016

AGTERGROND: Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef "n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is "n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie?
[ View More ]

First Page | Prev Page | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | Next Page | Last Page

 

Copyright 2017 Pacific Breeze 353 (Pty) Ltd, Protea Boekwinkel & OJB Web Development.

DMMA

All rights reserved. Protea Boekwinkel encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of columnists published on Protea Boekwinkel are therefore their own and do not necessarily represent the views of Protea Boekwinkel. Protea Boekwinkel, its sponsors, contributors and advertisers disclaim all liability for any loss, damage, injury or expense that might arise from the use of, or reliance upon, the services contained herein.

For Advertising inquiries, click here.